Vaaltolbos

Spesie van die tolbosse From Wikipedia, the free encyclopedia

Vaaltolbos
Remove ads

Die vaaltolbos (Leucadendron conicum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en die Oos-Kaap, waar dit voorkom in die Langeberg, Outeniekwaberge, Tsitsikammaberge, Elandsberg en Tuinroete-vlakte. Die struik word 6 m hoog en dra blomme van Oktober tot November.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

'n Brand vernietig die plant, maar die sade oorleef. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en word vrygelaat na 'n brand waar dit dan deur die wind versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Die aktiwiteite van klein torre verseker dat die plante bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in nat valleie, klowe en stroompies op hoogtes van 300-1000 m.

In Engels staan dit as die Garden Route conebush bekend. Die boom se FSA-nommer is 78.1[1].

Remove ads

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Loading content...

Eksterne skakels

Loading content...
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads