Duinegeelbos

spesie van die tolbosse From Wikipedia, the free encyclopedia

Duinegeelbos
Remove ads

Die duinegeelbos (Leucadendron coniferum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Kaapse Skiereiland, Kogelberg, Kleinmondberge, Groenlandberg en Kleinrivierberge. Die struik word 4 m hoog en dra blomme van Augustus tot September.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en word vrygelaat na 'n brand waar dit dan deur die wind versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Die aktiwiteite van klein torre verseker dat die plante bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik op duine op hoogtes van 0-300 m.

In Engels staan dit as die Dune Conebush bekend. Die plant se FSA-nommer is 82[1].

Remove ads

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads