M'basherivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die M'basherivier (ook Bashee en Mbhashe) is een van die groot riviere in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die rivier ontspring op 2 600m hoog in die Drakensberge en vloei in 'n suidoostelike rigting. Dit het 'n opvanggebied van 6 030 km².[1] Die M'bashe word deur die Xuka-, Mgwali-, Dutywa- en die Mnyolo-riviere gevoed en vloei deur 'n indrukwekkende kloof. Besonder opvallend is die baie kronkels wat die rivier in die omgewing van Collywobbles maak. Die rivier mond naby die M’bashe Pointvuurtoring, suid van Mhlanganisweni in die Indiese Oseaan uit.[2]
Die rivier vorm die suidgrens van Tembuland.
Remove ads
Geskiedenis
Die Portugese skip, die São Bento strand in 1554 by die rivier se monding. Slegs 98 Portugese en 224 slawe oorleef die stranding.[3]
Nelson Mandela is in 1918 in Mvezo, 'n dorpie langs die rivier gebore.[4]
Ekologie
Van die visse wat hier gevang word, sluit in kleinbek-geelvis (Labeobarbus aeneus), goud-ghieliemientjie (Barbus pallidus), dikkop-ghieliemientjie (Barbus anoplus), varswater-harder (Myxus capensis), Madagaskar-bontpaling (Anguilla marmorata) en geelbekpaling (Anguilla mossambica). Die geelbekpaling is 'n indringerspesie wat nou wydverspreid in die rivierstelsel voorkom.[5]
Sytakke
- Dutywarivier
- Candurivier
- Mgwalirivier
- Mnyolorivier
- Mtenturivier
- Xukarivier
- Zalala
Eksterne skakel
- Google-kaart van die M'basherivier se monding by Geonames.org (cc-by)
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads