Magahi

From Wikipedia, the free encyclopedia

Magahi
Remove ads

Magahi of Magadhi (मगही/मागधीমগহী/মাগধীମଗହୀ/ମାଗଧୀ) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 20,7 miljoen mense in die Indiese deelstate Bihar, Jharkhand en Wes-Bengale gebesig word.[4][5] Magadhi Prakrit was die voorsaat van Magadhi, waarvan laasgenoemde se naam afgelei is.[6]

Thumb
Die woord "Magahi" in Devanagari-skrif
Thumb
Die woord "Magahi" in Kaithi-skrif
Thumb
Die woord "Magahi" in Siddham-skrif
Kitsfeite Magahi मगही/मागधीমগহী/মাগধীମଗହୀ/ମାଗଧୀ, Amptelike status ...

Magahi beskik oor 'n ryk en ou tradisie aan volksliedjies en verhale. Dit word in nege distrikte van die deelstaat Bihar (Gaya, Patna, Jehanabad, Aurangabad, Nalanda, Sheikhpura, Nawada, Lakhisarai en Arwal), sewe distrikte van Jharkhand (Hazaribag, Chatra, Koderma, Jamtara, Bokaro, Dhanbad en Giridih) en in die Wes-Bengaalse distrik Malda.[7] Magahi was glo Siddhartha Gautama se moedertaal.

Alhoewel die aantal mense wat Magahi besig, groot is, word dié taal in die grondwet van Indië nie erken nie. In Bihar word Hindi as onderwys- en amptelike taal gebruik.[8] Vir die 1961-sensus was Magahi as Hindi geklassifiseer.[9]

Magahi behoort tot die Bihari-tale, d.w.s. tale wat nou verwant is aan Hindi en soms as dialekte van dié taal beskou word. Die Bihari-tale vorm 'n dialekkontinuum wat 'n presiese afbakening van enkele tale moeilik maak. Sedert Maart 2018 is Magahi een van die Indiese deelstaat Jharkhand se ampstale.[10] Aangesien alle inheemse moedertale van Nepal as nasionale tale erken word, dien Magahi as een van Nepal se baie nasionale tale.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads