Mandarynvis
visspesie van westelike Stille Oseaan From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Synchiropus splendidus, die mandarynvis, is 'n klein, helderkleurige lid van die draakvisfamilie, wat gewild is in die soutwater-akwariumhandel. Die mandarynvis is inheems aan die westelike Stille Oseaan, waar dit van ongeveer die Ryukyu-eilande tot aan die Australiese kus in warmer waters oor koraalriwwe aangetref word. Die vis is tipies sowat 8 cm (3 duim) lank.
Dit is een van die enigste visspesies bekend om hul eie ware blou kleur te produseer. Danksy sianofore, dit is ligweerkaatsende selle wat blou gepigmenteerd is, is hierdie vis geklee in een van die diereryk se skaarsste skakerings.[1] Ook is hierdie treffende skakering daar om potensiële vyande te waarsku. Baie visspesies het skubbe ter selfverdediging, maar die mandarynvis het geen. In plaas daarvan produseer dit 'n afstootlike stinkende en giftige slym wat sorg dat roofdiere dit vermy.[1]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
