Maryana Iskander

uitvoerende hoof van die Wikimedia-stigting From Wikipedia, the free encyclopedia

Maryana Iskander
Remove ads

Maryana Iskander (/mˈærˌænɑː ɪskˈændər/; Arabies: ماريانا إسكندر) [1] ( 1 September 1975 - ) is 'n Egiptiesgebore Amerikaanse sosiale entrepreneur en opgeleide advokaat. Vanaf Januarie 2022 is sy die nuwe uitvoerende hoof van die Wikimedia-stigting. Iskander was die uitvoerende hoof van die Harambee Youth Employment Accelerator in Suid-Afrika en 'n voormalige bedryfshoof van die Planned Parenthood Federation of America in New York gewees.

Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...
Remove ads

Vroeë lewe en opvoeding

Maryana Iskander is in Kaïro, Egipte, gebore waar sy gewoon het voordat sy op vierjarige ouderdom saam met haar ouers na die Verenigde State geëmigreer het. Haar gesin vestig hulle in Round Rock, Texas.[2] Iskander het aan die Rice University studeer en 'n graad in sosiologie magna cum laude behaal in 1997, voordat sy haar MSc-graad aan die Universiteit van Oxford behaal het as 'n Rhodes-beurshouer in 1999.[2] In 2003 het sy afstudeer aan die Yale Law School.

Remove ads

Loopbaan

Na sy by verskillende regsfirmas haar klerkskap uitgedien het, word sy die bedryfshoof van Planned Parenthood in New York. Hierna het Iskander in 2012 begin werk as die bedryfshoof van Harambee Youth Employment Accelerator in Suid-Afrika voordat sy in 2013 die organisasie se hoof- uitvoerende beampte geword het, haar vorige rol. Harambee is daarop gefokus om werkgewers te verbind aan nuwelingwerkers om die jeugwerkloosheid te verminder. Iskander wil hê dat werkgewers die aanstelling en behoud van nuwelingwerkers nie as 'n liefdadigheidsdaad beskou nie, maar as 'n toepassing van hul talent.[3] Deur 'n groot groep werkers op te bou wat maklik is om te navigeer en te bewys dat die jeug suksesvol met hierdie metode in diens geneem kan word, kon Harambee hul pogings en doeltreffendheid skaal.[4] Gedurende haar tyd as uitvoerende hoof, het Harambee onder haar leiding een van Suid-Afrika se voorste nie-winsgewende organisasies geword, en 'n beduidende bydraer tot indiensneming van die jeug van Suid-Afrika. Teen Junie 2019 is werkgeleenthede aan 100 000 jong werkers gebied in vennootskap met 500 maatskappye.[5]

Op 14 September 2021 word Iskander aangewys as die nuwe uitvoerende hoof van die Wikimedia-stigting. Sy het op 5 Januarie 2022 met haar werksaamhede begin.[6]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads