Middelburg, Mpumalanga

From Wikipedia, the free encyclopedia

Middelburg, Mpumalangamap
Remove ads

Middelburg is 'n groot dorp in Mpumalanga, naby Witbank, in Suid-Afrika. Die nedersetting het 'n bevolking van 87 348 in 2011 gehad.[1]

Hierdie artikel handel oor die dorp in Mpumalanga. Vir ander gebruike, sien Middelburg.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Remove ads

Geskiedenis

Die dorp is eers gestig op die plase Klipfontein en Keerom langs die Klein Olifantsrivier in 1859 en was aanvanklik ook deel van die Republiek van Lydenburg. In 1864, op aandrang van ds. Frans Lion Cachet, is die dorp verskuif na die plaas Sterkfontein waar die dorp uitgelê en Nasareth genoem is. In 1872 is die naam verander, op aandrang van pres TF Burgers, na Middelburg omdat die dorp halfpad tussen Pretoria en Lydenburg lê en Nasareth hom aan melaatsheid laat dink het.

Remove ads

Distrik

Die munisipale gebied is 3 976 km2 groot en steenkool word op groot skaal hier ontgin. Gedurende die 1970's is 'n spoorlyn gebou vanaf Broodsnyersplaas 35 km suid van Middelburg wat aansluit by die groot steenkoolspoorlyn na Richardsbaai. Sodoende kan steenkool en antrasiet uitgevoer word. Beesboerdery word beoefen terwyl mielies, wol en aartappels ook belangrike produkte is.

Galery

Sien ook

Bronne

  • Coetzee, Ria: IN MEMORIAM Middelburg (Transvaal). In: Omgewing RSA. Deel 10, nr. 4, April 1983
  • Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
  • Eric Rosenthal (1967) Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Kaapstad.

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads