Mixteeks
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Mixteeks (tu'un savi, [tuʔũ saβi] of dà'àn davì, [ðãʔã ðaβi], letterlik: "taal van die reën"; Nahuatl: Mixtecatlahtolli, letterlik: "taal van die wolkeland"; Spaans: mixteco) is die derde belangrikste inheemse taal van Meksiko ná Nahuatl en Majaans met 480 000 sprekers in die Meksikaanse deelstate Oaxaca, Puebla, Guerrero en Chiapas. Mixteeks word deur die Mixteke, voorheen een van die Meso-Amerikaanse beskawings, gepraat en is sedert 2003 'n amptelike taal in Meksiko.

- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Mixteke.
Mixteeks vorm 'n dialekkontinuum wat volgens verskeie ramings tussen 30 en 81 dialekte bevat en saam met die naburige Zapoteeks tot die taalfamilie Otomangue behoort. As gevolg van die geografiese fragmentering van die taalgebied bestaan sterk uiteenlopende streeksvariante. Mixteeks is 'n toontaal met 'n werkwoord-onderwerp-voorwerp-volgorde. Die taal is tot die Spaanse verowering in 'n eie glyfiese skrif geskryf en sedertdien word die Latynse alfabet gebruik. Hedendaags is die meeste Mixteke tweetalig met Spaans as tweede taal.
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads