Zapoteeks

From Wikipedia, the free encyclopedia

Zapoteeks
Remove ads

Zapoteeks (Ditze, Dizá, Ditsá, Díidxa záa, Tiits Së, letterlik: "taal van die wolke"; Nahuatl: Tzapotēcatlahtōlli, letterlik: "taal van die sapote"; Spaans: zapoteco) is die vierde belangrikste inheemse taal van MeksikoNahuatl, Majaans en Mixteeks met 450 000 sprekers in die Meksikaanse deelstaat Oaxaca en aangrensende deelstate. Zapoteeks word deur die Zapoteke, voorheen een van die Meso-Amerikaanse beskawings, gepraat en is sedert 2003 'n amptelike taal in Meksiko.

Thumb
Verspreiding van Zapoteeks in die Meksikaanse deelstaat Oaxaca
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Zapoteke.
Kitsfeite Zapoteeks Ditze, Dizá, Ditsá, Díidxa záa, Tiits Së, Amptelike status ...

Zapoteeks vorm 'n dialekkontinuum wat volgens verskeie ramings tussen 38 en 57 dialekte bevat en saam met die naburige Mixteeks tot die taalfamilie Otomangue behoort. As gevolg van die geografiese fragmentering van die taalgebied bestaan sterk uiteenlopende streeksvariante. Zapoteeks is 'n toontaal met 'n werkwoord-onderwerp-voorwerp-volgorde. Die taal is tot die Spaanse verowering in 'n eie glyfiese skrif geskryf en sedertdien word die Latynse alfabet gebruik. Hedendaags is die meeste Zapoteke tweetalig met Spaans as tweede taal.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads