Modimolle

dorp in Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Modimollemap
Remove ads

Nylstroom, amptelik Modimolle ("Plek van die Geeste"), is 'n dorp in die Waterberg-streek van die Suid-Afrikaanse Limpopoprovinsie, sowat 135 kilometer noord van Pretoria. Die ekonomiese basis van Nylstroom is landbou (met sitrusvrugte en druiwe as die vernaamste produkte), veeteelt en toerisme.

Kitsfeite Nylstroom, Land ...
Remove ads

Geskiedenis

In die veertigerjare van die 19de eeu vertrek 'n groep Voortrekkers, bekend as die Jerusalemgangers, onder "die profeet" Johan Enslin op soek na die Heilige Land. Toe hulle die gebied van die huidige Nylstroom bereik het, glo hulle dat hulle die oorsprong van die Nylrivier ontdek het en vestig hulle in die streek. Die naam van die dorp en die nabygeleë Nylrivier verwys nog steeds na hulle tog en oortuigings.

Die NG gemeente Waterberg, wat in 1860 gestig is, staan bekend as die oudste in Afrika suid van die Sahara en noord van Pretoria.[2] Eweneens is die Gereformeerde kerk Waterberg, gestig in 1859, die oudste van dié kerkverband in dieselfde streek. 'n Spoorwegverbinding met Pretoria is in 1898 geopen. Nylstroom was die woonplek van die voormalige Eerste Minister van die Republiek van Suid-Afrika, J.G. Strijdom.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog rig die Britte 'n konsentrasiekamp vir vroue en kinders naby die dorp op. 544 van hulle is oorlede in die kamp wat in Mei 1901 geopen en in Maart 1902 gesluit is.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads