Moses in Islam
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Mûsâ ibn Amram[1] (Arabies: ٰمُوسَى|), ook bekend as Moses, word beskou as ’n boodskapper, profeet en leier in die Islam en is die mens wat die meeste kere in die Koran genoem word.[2]
Remove ads
Lewe en erfenis
In die Islamitiese tradisie het Moses nie ’n nuwe godsdiens begin nie, maar die godsdiens van sy voorvaders voortgesit.[3] Volgens die Koran is Moses deur Allah na die farao van Egipte en die Israeliete gestuur vir leiding en om hulle te waarsku. Sy lewe word die beste in die Koran beskryf as dié van enige ander figuur.[4] Die Koran lui:
En vermeld Moses in die Boek. Voorwaar, hy was ’n opregte persoon, ’n boodskapper en ’n profeet.
En Ons het hom van die geseënde kant van die berg af geroep, en Ons het hom nader laat tree vir ’n gesprek.
En deur Ons genade het Ons aan hom sy broer Aäron gegee, ’n profeet.– Koran, Soera 19:51-53
Moses die profeet word as ’n voorganger van Mohammed beskou. Sy lewe het parallel met dié van Mohammed verloop, aangesien daar baie ooreenkomste is.[5][6][7] In Islamitiese geskrifte word die eksodus uit Egipte vergelyk met Mohammed se migrasie (hidjra) van Mekka na Medina.[8]
Moses is ook belangrik in Islam omdat die Tora aan hom openbaar is, en dit word beskou as een van die ware geopenbaarde geskrifte – Moslems glo ’n groot deel van die Tora word in die Koran bevestig en herhaal. Volgens hulle is Moses ook een van die baie profete wat Mohammed tydens sy Nagreis deur die hemel ontmoet het.[9] In die Islam word geglo Moses het Mohammed gevra om die getal gebede tot vyf te verminder, en dit word as die vyf verpligte gebede beskou.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads