Neil Sandilands

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Neil Joseph William Sandilands (gebore 1 Mei 1975) is 'n Afrikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rol as Bart Kruger in die SABC2 sepie 7de Laan en vir sy rol in kykNET se dramareeks Orion. Sy eerste internasionale blootstelling was met die rolprent Proteus waarin hy die rol van die gevaarlike 18de eeuse Nederlandse seevaarder speel wat op Robbeneiland aangehou word vir sodomie.

Kitsfeite Geboorte, Nasionaliteit ...

Sandilands verwerf sy B.A.-graad in 1996 aan die Randse Afrikaanse Universiteit.[1]

Remove ads

Filmografie

  • Meester (1990); TV-reeks, as Bertus Conradie. Regie: Annie Basson
  • Konings (1991); TV-reeks, as Dolf Groenewald. Regie: David Lister
  • Carpe Diem (1995); TV-reeks, as Wynand. Regie: Bob Riley
  • Soutmansland (1999); TV-reeks[2]
  • 7de Laan (2000); TV-sepie, as Bart Kruger (eienaar van die deli).
  • Proteus (2003); Film, as Rijkhaart Jacob. Regie: John Greyson
  • Snitch (2004); TV-reeks, as Jan Pieter
  • Jozi-H (1 episode, 2006)
  • Orion (2006); Afrikaanse TV-reeks, as Zatopek van Heerden. Regie: Gerrit Schoonhoven
  • Unsung Hero (2009). Gasspeler. Regie: Norman Maake
  • Binnelanders (2009); Sepie. PJ Bellingham
  • Feast of the Uninvited (2008); TV-reeks, as Daantjie van Wyk. Regie: Katinka Heyns
  • Jakhalsdans (2010); Film, as Dawid le Fleur. Regie: Darrell Roodt
  • Die ballade van Robbie de Wee (2013); Film, as Len van Jaarsveld. Regie: Darrell Roodt
  • Musiek vir die Agtergrond (2013)
  • Hap and Leonard (2016); TV-reeks, as Paco. Regie: Jim Mickle
  • The 100 (2016); TV-reeks, as Titus. Ontwikkelaar: Jason Rothenberg
  • The Flash, reeks 4 (2017); TV-reeks, as Clifford DeVoe, ook bekend as The Thinker.
  • News of the World (2019); Film, as oom Wilhelm Leonberger (teenoor Tom Hanks)
  • Sweet tooth (2021); TV-reeks, as generaal Steven Abbot. Vervaardiger: Robert Downey jr.
  • Thanks Dad; Kortfilm. Regie: Hein de Voss
Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads