Oopbroninhoud

kreatiewe werk met min of geen beperkings op hoe dit gebruik mag word nie From Wikipedia, the free encyclopedia

Oopbroninhoud
Remove ads

Opebroninhoud, vrye-inhoud, of libre-inhoud is enige skeppende werk, soos 'n artikel, 'n prent, luister- en kykmateriaal, 'n kunswerk, 'n boek, 'n sagteware program, of enige ander kreatiewe inhoud wat aan die Definisie van Vrye Kulturele Werke (Definition of Free Cultural Works) voldoen. Spesifiek: "werke of uitdrukkings wat vrylik bestudeer, toegepas, gekopieer en/of gewysig kan word, deur enigiemand, vir enige doel",[1] insluitend, in sommige gevalle, kommersiële doeleindes. Vrye-inhoud omvat alle werke in die publieke domein en ook daardie kopieregwerke waarvan die lisensie die definisie van vrye kulturele werk eer en handhaaf.

Thumb
Kenteken van die Definition of Free Cultural Works projek

In die meeste lande verleen die Berne Konvensie kopiereghouers by verstek monopolieke beheer oor hul skeppings. Daarom moet kopiereg-inhoud uitdruklik vry verklaar word deur die outeur(s), wat gewoonlik bewerkstellig word deur te verwys of lisensieverklarings van binne die werk in te sluit. Die reg om genoemde werk te hergebruik word deur die outeur(s) verleen in 'n lisensie bekend as 'n vrye-lisensie, 'n vrye-verspreidingslisensie, of 'n oop-lisensie, afhangende van die regte wat toegeken is. Hierdie vryhede wat aan gebruikers gegee word in die hergebruik van werke (dit wil sê die reg om hierdie werke vrylik te gebruik, te bestudeer, te wysig of te versprei, moontlik ook vir kommersiële doeleindes) word dikwels geassosieer met verpligtinge (om die oorspronklike outeur aan te haal, om die oorspronklike lisensie in stand te hou van die hergebruikte inhoud) of beperkings (uitgesluit kommersiële gebruik, die verbod op sekere media) wat deur die skrywer gekies is.

Daar is 'n hele spyskaart van gestandaardiseerde lisensies wat verskillende opsies bied wat skrywers toelaat om die tipe hergebruik van hul werk te kies wat hulle wil magtig of verbied (byvoorbeeld die sogenaamde Creative Commons-lisensie).

Remove ads

Definisie

'n Vrye kulturele werk is, volgens die "Definition of Free Cultural Works", een wat geen noemenswaardige wetlike beperking op mense se vryheid het om:

  • die inhoud te gebruik en daarby baat te vind,
  • die inhoud te bestudeer en dit wat geleer word toe te pas,
  • kopieë van die inhoud te maak en te versprei,
  • die inhoud te verander en te verbeter en hierdie afgeleide werke te versprei.[1][2]

Alhoewel daar 'n groot aantal verskillende definisies in gereelde alledaagse gebruik is, is vrye-inhoud wetlik baie soortgelyk aan oop-inhoud. 'n Analogie is 'n gebruik van die mededingende terme Vrye sagteware en Oopbronsagteware, wat ideologiese verskille eerder as wettige verskille beskryf.[3]

Remove ads

Geskiedenis

Die eerste aangetekende gebruik van die term "opebroninhoud" was waarskynlik die poging van die Koninklike Vereniging om, as ’n openbare onderneming, inligting oor die wêreld heen te versprei en deel.

Opebroninhoudprojekte (in alfabetiese volgorde)

Remove ads

Lisensies

  • Creative Commons-lisensie (11 weergawes)
  • Design Science License
  • GNU-lisensie vir vrye dokumentasie
  • Open Content License
  • Open Directory Project License gebruik deur die Open Directory Project
  • Open Game License – onder lisensie van die Open Gaming Foundation, soos opgestel deur die Wizards of the Coast.
  • Open Publication License – onder lisensie van die Open Content Project

Erkenning

Die lys van oopbroninhoudprojekte is gedeeltelik gebaseer op die The Institutional Design of Open Source Programming (http://www.firstmonday.org/issues/issue8_1/schweik/index.html) beskikbaar by Firstmonday

Verwysings

Bronnelys

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads