Opera (webblaaier)

From Wikipedia, the free encyclopedia

Opera is 'n webblaaier en internet-suite wat ontwikkel is deur die Noorse maatskappy Opera Software. Die webblaaier bedien algemene Internet-verwante take soos die vertoon van webtuistes, stuur en ontvang van e-pos-boodskappe, die bestuur van kontakte, klets op IRC kliënte, die aflaai van lêers via die BitTorrent protokol en die lees van RSS web feeds. Opera is gratis vir persoonlike rekenaars en selfone.

Kitsfeite Ontwikkelaar, Aanvanklike vrystelling ...
Opera
Thumb
Opera 17 op Windows 7

Ontwikkelaar Opera Software
Aanvanklike vrystelling 1995[1]
Nuutste weergawe 33.0.1990.115/ 17 November 2015; 9 jaar gelede (2015-11-17)
Nuutste betaweergawe 34.0.2036.3/ 9 November 2015; 9 jaar gelede (2015-11-09)
Programmeertaal C++[2]
Bedryfstelsel Windows, macOS, Linux
Beskikbaar in 42 tale
Kategorie Webblaaier
Lisensie Freeware
Webblad opera.com
Sluit

Opera se veiligheidskenmerke sluit in ingeboude phishing en malware beskerming, sterk enkripsie om na veilige webwerwe toe te blaai en die vermoë om maklik private data soos HTTP-koekies te verwyder. Opera loop op 'n verskeidenheid van persoonlikerekenaar-bedryfstelsels insluitend Microsoft Windows, OS X, Linux, FreeBSD en OpenSolaris.[3] Evaluasies van Opera is grotendeels positief en Opera het baie belangrike kenmerke van ander moderne webblaaiers bewerkstellig. Ten spyte van hierdie faktore, het Opera net 'n klein fraksie van die wêreldwye persoonlike rekenaar webblaaier mark. Dit het egter 'n groter markaandeel op die mobiele toestelle (soos selfone, smart phones, en persoonlike digitale assistente) mark. Weergawes van Opera is beskikbaar vir gebruik op die Symbian, Windows Mobile en Google Android-mobielebedryfstelsels, sowel as Java ME-aangeskakelde toestelle. Ongeveer 40 miljoen selfone word vervaardig met Opera reeds geïnstalleer. Opera is die enigste kommersiële webblaaier wat beskikbaar is vir die Nintendo DS en Wii speletjie stelsels. Die Amerikaanse maatskappy Adobe Systems het ook gelisensieerde Opera-tegnologie gebruik in die Adobe Creative Suite sagteware.[4][5]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.