Peter de Villiers
Suid-Afrikaanse rugbyafrigter From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Peter de Villiers (gebore 3 Junie 1957) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyafrigter. Hy was 'n skrumskakel in sy speeljare en was die eerste gekleurde afrigter van die Springbokspan.[1]
Ná sy sukses met Suid-Afrika se o/19- en o/21-spanne is hy in Januarie 2008 as nasionale afrigter benoem. Hy volg Jake White, die vorige nasionale afrigter, in die posisie op. In Januarie 2012 word hy deur Heyneke Meyer, voormalige afrigter van die Blou Bulle, vervang.
De Villiers het verskeie suksesse behaal, onder andere 'n oorwinning oor die Nieu-Seelandse All Blacks in Dunedin en 'n rekordoorwinning oor die Australiese Wallabies in dieselfde jaar. Verder wen hy die reeks teen die Britse en Ierse Leeus en die 2009-Drienasiesreeks.
Ná 'n 9–11-nederlaag teen Australië in die wêreldbekerkwarteindstryd het De Villiers aangekondig dat hy die res van sy kontrak (wat in Desember 2011 tot 'n einde gekom het) sal voltooi.
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads