Griekwas (rugbyspan)

From Wikipedia, the free encyclopedia

Griekwas (rugbyspan)
Remove ads

Die Griekwas (weens borgskapsredes bekend as die Suzuki Griekwas) is 'n provinsiale rugbyspan gesetel in Kimberley, Suid-Afrika.

Kitsfeite Statistiek ...

Die Griekwas se voedingsbron vir spelers is uit die Noord-Kaap. Hulle tuisveld is die Griekwapark en hulle neem aan die Curriebeker- en SuperSport Rugby-uitdaagreeks (sedert 2017) deel. Griekwas se truikleur is poublou.

Remove ads

Springbokspelers

Die Griekwaspelers wat ook vir die Springbokke uitgedraf het is in alfabetiese volgorde:[1]

Meer inligting Naam, Aantal Toetse ...
Remove ads

Rekords

Rekords vir die Griekwas:[2]

Indiwiduele rekords

  • Meeste loopbaanwedstryde vir Griekwas gespeel – André van Wyk (161)
  • Meeste Curriebekerwedstryde gespeel – Dave Prins (69 tussen 1979 en 1987)
  • Meeste opeenvolgende wedstryde gespeel- Peet Smith (97 tussen 1963 en 1973)
  • Meeste wedstryde as kaptein gespeel – André van Wyk (66 tussen 1989 en 1994)
  • Meeste loopbaanpunte – Edrich Lubbe (719 in 114 wedstryde)
  • Meeste Curriebekerpunte in ’n loopbaan – Kriek Erasmus (440 tussen 1977 en 1985)
  • Meeste punte in ’n seisoen – Gaffie du Toit (361 in 27 wedstryde in 1996)
  • Meeste Curriebekerpunte in ’n seisoen – Naas Olivier (173 in 2010)
  • Meeste indiwiduele punte in ’n wedstryd – Naas Olivier (42 teen die Griffons in ’n 2009 Vodacombekerwedstryd)
  • Meeste loopbaandrieë vir Griekwas – Jearus Nicholas (61 in 116 wedstryde tussen 1998 en 2003)
  • Meeste drieë in Curriebekerwedstryde – Dave Prins (37 tussen 1979 en 1987)
  • Meeste drieë in ’n seisoen – Bjorn Basson (29 in 2010)
  • Meeste drieë in ’n Curriebekerseisoen – Bjorn Basson (21 in 2010)
  • Meeste drieë in ’n wedstryd – Jacques Jonker (7 teen Namibië in 1996)
  • Meeste drieë in ’n Curriebekerwedstryd – Dave Dennis (4 teen Oostelike Provinsie in 1978) en Jearus Nicholas (4 teen die Luiperds in 1998)
  • Meeste doelskoppe in ’n wedstryd – Boeta Wessels (11 teen Grens in 1998) en Naas Olivier (11 teen die Griffons in 2009)
  • Meeste doelskoppe in ’n seisoen – Gaffie du Toit (98 in 1998)
  • Meeste doelskoppe in ’n loopbaan – Edrich Lubbe (133 tussen 1995 en 2001)
  • Meeste strafdoele in ’n loopbaan – Edrich Lubbe (91 tussen 1995 en 2001)
  • Meeste skepdoele in ’n seisoen – Gaffie du Toit (7 in 1998)
  • Meeste skepdoele in ’n loopbaan – Piet Visagie (15 tussen 1964 en 1974)
  • Meeste skepdoele in ’n Curriebekerloopbaan – Piet Visagie (8 tussen 1964 en 1974)

Spanrekords

  • Meeste punte in ’n seisoen – 1428 in 1998 (32 wedstryde)
  • Meeste punte in ’n Curriebekerseisoen – 625 in 2003 (21 wedstryde)
  • Meeste punte in ’n Vodacombekerseisoen – 734 in 1998 (Suid-Afrikaanse rekord)
  • Meeste drieë in ’n seisoen – 201 in 1998 (32 wedstryde)
  • Meeste drieë in ’n wedstryd – 18 teen ’n SWD-federasie in 1978
  • Meeste drieë in ’n Curriebekerseisoen – 86 in 2003 (21 wedstryde)
  • Meeste drieë in ’n Vodacombekerseisoen – 108 in 1998 (Suid-Afrikaanse rekord)
  • Grootste oorwinning – 94-0 teen ’n SWD-federasie in 1978
  • Grootste verloor – 3-75 teen Westelike Provinsie in 1985
  • Meeste punte afgestaan in ’n wedstryd – 78 teen Natal Haaie in 2002 en teen Westelike Provinsie in 2004
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads