Peulmahonie
plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die peulmahonie (Afzelia quanzensis) is 'n bladwisselende boom met 'n platterige kroon wat voorkom in klein stande op klipperige of sanderige grond. Die boom groei in Suid-Afrika in die noorde van KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo. Dit is ook inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Somalië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Kenmerkend van die boom is die groot, swaar houtagtige peule. Die sade is groot en donkerbruin met 'n wasagtige, rooi arillus. Die blare is veervormig saamgestel met 'n hoë glans - donkergroen bo en dowwer onder. Dit is 'n beskermde spesie in Suid-Afrika, en kan net met die nodige lisensie benut word.[1]
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads