Pornhub

From Wikipedia, the free encyclopedia

Pornhub, 'n lid van die Pornhub NETWORK-veldtog, is 'n pornografiese videodeelwebwerf en die grootste pornografiese webwerf op die internet.[1][2] Pornhub is in 2007 van stapel gestuur en is gebaseer in Montreal, Quebec (Kanada). Die webwerf is gratis en gebruikers het toegang tot beide professionele- sowel as amateurpornografie; inkomste word deur middel van die verhuur van advertensieruimte op die webwerf verdien. Pornhub besit benewens hul hoofburo in Kanada ook kantore en bedieners in San Francisco, Kalifornië (VSA), Houston, Texas (VSA), New Orleans, Louisiana (VSA), en Londen, Engeland (VK). In Maart 2010 is Pornhub deur Mindgeek gekoop, wat ook etlike ander pornografiese webwerwe bedryf.

Kitsfeite Tipe webwerf, Beskikbaar in ...
Pornhub
Thumb
Tipe webwerf
Privaat
Beskikbaar inEngels, Nederlands, Duits, Pools, Russies, Frans, Spaans, Portugees, Italiaans, Grieks, Japannees, Mandaryn-Chinees, Tsjeggies
EienaarsMindGeek
RegistrasieOpsioneel
Huidige statusAktief
Sluit

Gebruikers

Sowat 68% van besoekers aan Pornhub is mans.[3] Die webwerf ontvang die meeste besoekers op Sondae om 23:00.[3] Ebbehoutpornografie, dit wil sê pornografie waarin swart mense voorkom, is die gewildste kategorie van pornografie onder die meerderheid gebruikers van Afrika, terwyl lesbiese pornografie die gewildste kategorie onder gebruikers in Noord- en Suid-Amerika is.[3]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.