Swartbaardsuikerbos

plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Swartbaardsuikerbos
Remove ads

Die swartbaardsuikerbos (Protea lepidocarpodendron) is 'n blomdraende boom wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor in die Kaapse Skiereiland en Kogelberg, Groenlandberg, Kleinmondberg en Kleinrivierberge waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik groei regop, word 3 m hoog en blom van April tot Augustus.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei sanderige grond op hoogtes van 0 - 600 m.

Die boom se FSA-nommer is 90.5.[1] In Engels staan dit as die Black-bearded Sugarbush bekend.

Remove ads

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads