Kiaat
plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die kiaat (Pterocarpus angolensis) is 'n bladwisselende boom wat inheems is aan boomveld suidwaarts van die ewenaar in Afrika. Dit aard in bosryke grasveld met goed gedreineerde bodem en 'n jaarlikse reënval van 500 mm of meer. Die kenmerkende peule is 9 tot 10 cm in deursnee en die saadkassie is met harde borselhare van tot 1,3 cm lank bedek. Dit word hoog aangeslaan as meubelhout. Die taai bloedrooi gom is al in farmaseutiese middels en as kleursel gebruik.

Die boom se FSA-nommer is 236.[2][3] Dit is 'n beskermde spesie in Suid-Afrika, en kan net met die nodige lisensie benut word.[4]
Remove ads
Verspreiding
Die boom is inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Republiek die Kongo, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika word dit is KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo aangetref.
Die kiaat is gasheerplant vir die skoenlapper Charaxes achaemenes achaemenes[5]
Sien ook
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads