Republiek Winburg-Potchefstroom
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Republiek Winburg-Potchefstroom was 'n Boererepubliek wat van 9 April 1844 tot 3 Februarie 1848 bestaan het. Die republiek is deur Andries Hendrik Potgieter, die leier van die Voortrekkers, gestig. Die voormalige republieke van Winburg en Potchefstroom is saamgesmelt om die Republiek Winburg-Potchefstroom te vorm.
| ||||
| Hoofstad | Winburg Potchefstroom | |||
| Taal/Tale | Nederlands Afrikaans | |||
| Regering | Republiek | |||
| President | ||||
| - 1844–1848 | Andries Hendrik Potgieter | |||
| Geskiedenis | ||||
| - Stigting | 9 April 1844 | |||
| - Ontbind | 1848 | |||
Die republiek hou op om te bestaan nadat Winburg op 3 Februarie 1848 deur Harry Smith vir die Verenigde Koninkryk geannekseer en by die Oranjerivier-soewereiniteit ingelyf is. Potchefstroom word deel van die gebied wat in 1852 as die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) erken is.
Remove ads
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
