Robinia

Akasia-agtige, peuldraende bome From Wikipedia, the free encyclopedia

Robinia
Remove ads

Die plantgenus Robinia bestaan uit Akasia-agtige, peuldraende bome, wat in die bloeityd aanskoulike wit of ligroos bloeiwyses dra en hoort tot die orde Fabaceae. Dit is inheems aan die ooste en suid-ooste van Noord-Amerika waar tussen vier en tien spesies aangetref word. Hiervan is een, die Gewone robinia (Robinia pseudoacacia, ook bekend as vals-akasia, swartsprinkaanboom of witakasia) vanweë sy aantreklike wit bloeisels in die 17de eeu ook uitgevoer na Europa as tuin- en sierplante vir lane.[1]

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Spesies ...

Robinia pseudoacacia is 'n belangrike bron van baie duursame, maar nogtans elastiese en brandbestande hardehout en word in Europa as 'n alternatief vir ingevoerde tropiese hout beskou. Dit word onder meer vir die vervaardiging van tuinmeubels en sportgereedskap en in die skeepsbou en boubedryf (onder meer vir houtpaaie en -brûe) gebruik. Vars robiniahout is groen-gelerig van kleur, maar word sjokoladebruin sodra dit gedroog word. Robiniahout, wat buite gestoor word (byvoorbeeld as tuinmeubels), toon mettertyd dieselfde ligte silwer patina soos duur teak- en ander tropiese hout.

Die hele boom, insluitende sy bas en vrugte, word as giftig vir mense en diere, veral perde, geklassifiseer. Die boom groei vinnig en word weens sy lastige spruitwortels sowel in Noord-Amerika asook in Europa en Suid-Afrika dikwels as pes bestry.

Remove ads

Spesies

Wikispecies
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Robinia

(*: word nie deur alle outeurs as uniek aanvaar nie)

  • Robinia boyntonii *
  • Robinia elliottii *
  • Robinia hartwigii[2] * (syn. R. viscosa var. hartwegii[3] of hartwigii[4])
  • Robinia hispida
  • Robinia kelseyi *
  • Robinia luxurians *
  • Robinia nana *
  • Robinia neomexicana
  • Robinia pseudoacacia
  • Robinia viscosa
  • Robinia zirkelii[5]

Kruisings

  • Robinia × ambigua (R. pseudoacacia × R. viscosa)
  • Robinia × holdtii (R. neomexicana × R. pseudoacacia)
  • Robinia × longiloba (R. hispida × R. viscosa)
  • Robinia × margarettiae (R. hispida × R. pseudoacacia)
Remove ads

Verwysings

Sien ook

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads