Rolong

From Wikipedia, the free encyclopedia

Rolong
Remove ads

Rolong is die stamnaam vir die Tswanas (Barolong) wat in die noord-weste van Suid-Afrika, hoofsaaklik in Mafikeng (die Barolong boo rra Tshidi) woon. Ander Barolong-gemeenskappe kan in Lotlhakane en Thaba Nchu (Barolong ba ga Moroka) gevind word.

Die artikel is oor die stam, vir ander gebruike, sien Barolong.
Thumb
Molema, Barolong-hoofman

Die eerste Rolong-hoofman was Morolong, wat baie jare terug geleef het. Die stam het hulle naam van hom gekry. Die Rolong-hoofmanne Moroka (James Moroka) en Dr. Silas Molema het 'n belangrike rol in die vorming van die ANC gespeel.

Die Voortrekkers is deur die Rolongstam bygestaan en van osse voorsien om hulle trek voort te sit. Dit volg na 6,000 Ndebeles 'n aanslag op die laer van Hendrik Potgieter gemaak het. Hulle kon nie die verskansing binnedring nie, maar het al die beeste, osse en perde geplunder.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads