Mahikeng

From Wikipedia, the free encyclopedia

Mahikengmap
Remove ads

Mahikeng (voorheen Mafeking, later Mafikeng[2]) is die hoofstad van Noordwesprovinsie, Suid-Afrika, met omtrent 49 300 inwoners in 2001. Mahikeng vorm 'n eenheid met Mmabatho, wat voorheen die hoofstad van Bophuthatswana was.

Kitsfeite Mahikeng (voorheen Mafeking en Mafikeng), Land ...
Remove ads

Geskiedenis

Thumb
Boere tydens die Beleg van Mafeking, 1899.

Die oorspronklike dorp Mafeking het in 1881 ontstaan toe die Boere 'n 140 plase gekry het van twee Barolong-opperhoofde vir dienste verskaf as huursoldate in 'n meningsverskil. Die nedersetters het besluit om die republiek Goosen te stig met Rooigrond as hoofkwartier, sowat 15 km vanaf Mahikeng. Die republiek is egter by Brittanje ingelyf gedurende 1885 deur 'n Britse ekspedisiemag onder leiding van sir Charles Warren. Hy het toe 'n dorp uitgelê waar Mahikeng vandag is. Die naam is Tswana en beteken plek van die klip. Die spoorlyn vanaf Kaapstad het Mahikeng in 1894 bereik en dié vanaf Johannesburg in 1912.

Remove ads

Drie gebeurtenisse van die verlede

Die dorp word vir drie redes onthou:

Bophuthatswana

In 1980 is die dorp ingelyf by die onafhanklike staat Bophuthatswana en Mmabatho is langs die dorp aangelê. In April 1994 het Bophuthatswana sy onafhanklikheid prysgegee en is weer by Suid-Afrika ingelyf.

Sien ook

Bronne

  • Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads