Thaba Nchu
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Thaba Nchu is 'n dorpie in die Vrystaat, Suid-Afrika. Die N8 nasionale pad gaan deur Thaba Nchu.
Remove ads
Geskiedenis

Die area was die vesting van die Barolongstam onder hul hoofman, Moroka, wat hulle in die 1830's hier gevestig het na die stamoorloë met die Matebeles onder leiding van Silkaats. 'n Sendingstasie is hier in 1833 geopen deur die Wesleyaanse sendeling, eerwaarde James Archbell. Aangesien die dorp op die hoofroete van die Groot Trek vanaf die oostelike Kaapkolonie was, en omrede hoofman Moroka die Voortrekkers goedgesind was, het die Voortrekkers hier uitgespan. Die dorp is in 1873 gestig en was deel van Bophuthatswana, een van die voormalige tuislande.
Remove ads
Omgewing
Die dorp lê in die nasionale park Maria Moroka. Die park sluit die grootse gedeelte van die berg Thaba Nchu in en die Groothoekdam is ook in die park.
Sien ook
Bronne
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads