Rotas The Rapper

Suid-Afrikaanse kletsrymer, akteur en liedjieskrywer From Wikipedia, the free encyclopedia

Rotas The Rapper
Remove ads

Rodney Goliath (geb. 23 Oktober 2001) professioneel bekend as Rotas The Rapper, is ’n Suid-Afrikaanse kletsrymer, akteur en liedjieskrywer. Hy is bekend vir sy deelname aan Emo Adams se realiteitsprogram Maak My Famous, sy rol as Gio Lobberts in die sepie Arendsvlei, en sy verskyning in die Showmax-fliek Finding Optel.

Kitsfeite Agtergrondinligting, Geboortenaam ...
Remove ads

Loopbaan

Rotas het in 2015 begin skryf en sy eerste liedjies in 2017 opgeneem.[1] In 2020 het hy deelgeneem aan die tweede seisoen van die kykNET-program Maak My Famous, waar sy oorspronklike liedjie Dankie vir die Pyn aandag gekry het.

In Augustus 2020 het hy op die KKNK Mothership Sessions saam met Emo Adams en Omar Adams opgetree.[2]

In 2023 het hy ’n graad in Drama en Teaterstudies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi.[1]

Remove ads

Toneelspel

Rotas vertolk die rol van Gio Lobberts in die sesde seisoen van die kykNET-sepie Arendsvlei.[3]

Hy het ook in die Showmax-fliek Finding Optel verskyn, wat by die Silwerskermfees vertoon is. Die rolprent bevat ook akteurs soos Mikayla Brown, Zenobia Kloppers en Maurice Paige.[4]

Filmografie

Meer inligting Jaar, Titel ...

Diskografie

Enkelsnitte

  • Dankie vir die Pyn (2020)
  • My Mense (2020)
  • Geen Ander Een (featuring Spinksie) (2020)
  • Ek sal survive (2021)
  • Vergewe My (2025)

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads