Rotifera

From Wikipedia, the free encyclopedia

Rotifera
Remove ads

Rotifera, of die raderdiertjies, is ’n filum van mikroskopiese en byna-mikroskopiese diertjies met ’n pseudoseloom (skynbuikholte). Hulle is vir die eerste keer in 1696 beskryf, deur eerw. John Harris. Ander vorme is later, in 1703, deur Antonie van Leeuwenhoek beskryf.[1]

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Beskrywing

Die meeste raderdiertjies is sowat 0,1–0,5 mm lank, hoewel hul lengte kan wissel van 50 μm tot meer as 2 mm.[2] Hulle kom wêreldwyd algemeen in varswateromgewings voor. Daar is ’n paar soutwaterspesies, byvoorbeeld die genus Synchaeta.

Sommige is vryswemmend en eintlik plankton, terwyl ander op ’n substrata voortkruip of sittend is binne byvoorbeeld buise wat aan ’n substrata vas is. Sowat 25 spesies is koloniaal, soos Sinantherina semibullata. Raderdiertjies is ’n belangrike deel van die varswatersoöplankton: hulle is ’n groot voedselbron en baie spesies dra by tot die ontbinding van organiese materiaal.[3] Die meeste kom globaal voor, maar daar is sommige inheemse spesies, soos Cephalodella vittata in die Baikalmeer.[4]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads