Rugby Europa
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Rugby Europa (Engels en Frans: Rugby Europe, afgekort “RE”) is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Europa. Hulle is ook een van Wêreldrugby se ses kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is in 1934 gestig en hulle hoofkantoor is in Parys, Frankryk, geleë. Die amptelike tale is Engels en Frans en Octavian Morariu dien as president van Rugby Europa.
Rugby Europa organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Europese Rugbykampioenskap vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans, vroue en jeug. Rugby Europa hou ook toesig oor sewesrugby in Europa en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Europese Olimpiese Komitees (EOK) saam. Rugby Europa hou egter nie toesig oor vername toernooie soos die Sesnasies, Verenigde Rugbykampioenskap, Europese Rugbykampioenskapbeker of die Europese Rugby-uitdaagbeker nie.[2]
Rugby Europa is in 1934 deur die Franse Rugbyfederasie as FIRA (Fédération internationale de rugby amateur) as ’n mededinger vir die Internasionale Rugbyraad (IRR, vandag Wêreldrugby) gestig. Die organisasie het die Europese Nasiesbeker van stapel gestuur om die spel rugby buite die destydse Vyfnasies te versprei en het later elke land op die vastelandse Europa betrek, maar ook lede buite dié kontinent soos Marokko en Tunisië. In die 1990’s het dit die Internasionale Rugbyraad as wêreldbeheerliggaam erken en die vastelandse beheerliggaam vir Europa geword. In 2014 is FIRA hernoem na Rugby Europa.
Remove ads
Lidlande

>200 000 lisensies
>100 000 lisensies
>40 000 lisensies
>20 000 lisensies
>10 000 lisensies
>5 000 lisensies
<5 000 lisensies
Rugby Europa het tans 47 lede:[4]
Andorra
Belarus
België (BR)
Bosnië en Herzegowina
Bulgarye
Denemarke
Duitsland (DRV)
Engeland (RFU)
Estland
Finland
Frankryk (FFR)
Georgië (GRU)
Hongarye
Ierland (IRFU)
Israel
Italië (FIR)
Kosovo
Kroasië
Letland
Liechtenstein
Litaue
Luxemburg
Malta
Moldowa
Monaco
Montenegro
Nederland (RN)
Noorweë
Oekraïne
Oostenryk
Pole
Portugal (FPR)
Roemenië (FRR)
Rusland (FRR)
San Marino
Serwië
Siprus
Skotland (SRU)
Slowakye
Slowenië
Spanje (FER)
Swede (SRF)
Switserland
Tsjeggië
Turkye
Wallis (WRU)
Ysland
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads