Siprus

Eilandnasie op die eiland Siprus in die noordooste van die Middellandse See From Wikipedia, the free encyclopedia

Siprus
Remove ads

Siprus, ook Ciprus, (Grieks: Κύπρος, [ˈcipros]; Turks: Kıbrıs, [ˈkɯbɾɯs]), amptelik die Republiek Siprus (Grieks: Κυπριακή Δημοκρατία / Kypriakí Dimokratía, [cipriaˈci ðimokraˈti.a], letterlik: "Sipriotiese Republiek"; Turks: Kıbrıs Cumhuriyeti, [ˈkɯbɾɯs ˈdʒumhuɾijeti], letterlik: "Republiek Siprus"), is 'n eilandstaat op die eiland Siprus in die noordooste van die Middellandse See, sowat 70 km suid van Turkye, 100 km wes van Sirië, en 500 km oos van Griekeland. Siprus is die derde grootste en derde mees bevolkte eiland in die Middellandse SeeSisilië en Sardinië. Dit het vlaktes aan die suidkus en ’n sentrale vlakte met berge noord en suid daarvan. Die hoofstad en grootste stad is Nicosia (Grieks: Levkosía en Turks: Lefkoşa). Ander belangrike stede op die eiland is Limassol, Larnaca, Paphos, Famagusta en Kyrenia.

Hierdie artikel handel oor die soewereine staat. Vir die eiland met dieselfde naam, sien Siprus. Vir die noordelike deel van die eiland, sien Turkse Republiek van Noord-Siprus.
Kitsfeite
Remove ads

Geskiedenis

Thumb
Kaart van Siprus
Thumb
Nasa-Satellietbeeld van Siprus

Die eiland word al 12 000 jaar lank bewoon en al die antieke magte in die omgewing het dit al beset.

Siprus is sedert die middel van die Neolitikum deur mense gekoloniseer. Na 'n ekologiese ramp rondom 6 000 v.C. was die eiland 'n geruime tyd onbewoond, maar nuwe setlaars het in die Kopertydperk aangekom. As gevolg van groot hoeveelhede kopererts het die eiland in die Bronstydperk tot vroeë Klassieke tydperk 'n belangrike rol gespeel in die Mediterreense handel. Alhoewel die eiland oorspronklik bewoon is deur inheemse bevolking, wat blykbaar verband hou met die pre-Semitiese kulture van die Midde-Ooste, het die meeste eilandbewoners gedurende die 10de-15de eeue hul taal van inheems na Grieks verskuif sonder skynbare spore van inval of kulturele verandering.

Alhoewel Siprus deur seevolke aangeval is, het die eiland nie net die aanval oorleef nie, maar het eeue lank voorspoed beleef toe sy groot mededingers gedaal het. Koper en brons uit Siprus het in hoë aanvraag oor die Middellandse See gebly. Siprus het tot die Romeinse verowering 'n kultuur wat verskil van Griekeland s'n, gehandhaaf.

Later is Siprus gevolglik oorgeneem deur die Bisantyne, Kruisvaarders en Ottomaanse Turke.

Van 1878 tot 1960 was dit in Britse hande. Daarna word dit onafhanklik. In 1974 raak Griekeland en Turkye in ’n skermutseling oor die eiland betrokke en dit word de facto in 'n Grieks-Sipriotiese deel (die suidwestelike twee derdes) en ’n Turks-Sipriotiese deel (die noordoostelike derde) verdeel.[9]

Die Turkse Republiek van Noord-Siprus bestaan sedert 1974 in die noordelike deel van die eiland, maar dit word slegs deur Turkye as ’n onafhanklike land erken.[10]

In die suide en ooste lê die afhanklike gebiede Akrotiri en Dhekelië van die Verenigde Koninkryk, wat in 1960 gestig is.

Die Republiek Siprus is 'n lid van die Britse Statebond. Sedert 1 Mei 2004 is dit ook 'n lidland van die Europese Unie en die Euro is sedert 1 Januarie 2008 die geldeenheid. In 2012 is Siprus swaar deur sy blootstelling aan Griekeland se wankelrige ekonomie getref, en moes die land noodgedwonge hulp van internasionale leners versoek.

Remove ads

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads