Ruimtependeltuig Endeavour

From Wikipedia, the free encyclopedia

Ruimtependeltuig Endeavour
Remove ads

Ruimtependeltuig Endeavour (NASA kenteken: OV-105) is 'n afgetrede pendeltuig van NASA se ruimtependeltuigprogram en die vyfde en laaste operasionele ruimtependeltuig wat gebou is. Dit het met sy eerste missie, STS-49, in Mei 1992 begin en sy 25ste en laaste missie, STS-134, in Mei 2011 onderneem.[1][2] Die verwagting was dat STS-134 die finale missie van die ruimtependelprogram sou wees,[3] maar nadat die STS-135-missie goedgekeur is, het Atlantis die laaste pendeltuig geword om te vlieg.

Thumb
Endeavour soos gefotografeer vanaf die Internasionale Ruimtestasie terwyl dit tydens sending STS-118 nader kom.

Die Amerikaanse Kongres het in 1987 die bou van Endeavour goedgekeur om Challenger, wat in die Challenger-ramp van 1986 vernietig is, te vervang.

Struktuuronderdele wat tydens die konstruksie van Discovery en Atlantis gebruik is, is in die montering daarvan gebruik. NASA het op kostegronde verkies om Endeavour uit onderdele te bou eerder as om Enterprise weer uit te rus.

Die wenteltuig is vernoem na die Britse HMS Endeavour, die skip wat kaptein James Cook op sy eerste ontdekkingsreis geneem het (1768–1771).[4] Die ruimtetuig het 'n stuk hout van Cook se skip binne-in die kajuit vervoer.[5] Die naam Endeavour was ook gebruik vir die beheermodule van Apollo 15, ook genoem na die skip van Cook.

Thumb
Bekendstellingseremonie in April 1991
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads