Rustelosebenesindroom

From Wikipedia, the free encyclopedia

Rustelosebenesindroom
Remove ads

Rustelosebenesindroom (RBS) is gewoonlik ’n langtermynsteuring wat meebring dat iemand ’n sterk drang kry om sy bene te beweeg.[1][2] Daar is dikwels ’n onaagename gevoel in die bene wat effens verbeter as ’n mens hulle beweeg.[1] Dié gevoel word onder meer beskryf as ’n pyn, tinteling of krieweling.[1] Soms word die arms ook geraak.[1]

Kitsfeite

Die gevoel kom gewoonlik voor wanneer ’n mens rus en daarom kan dit slaap bemoeilik.[1] Weens die versteuring tydens slaap kan mense met RBS deur die dag moeg, geïrriteerd of depressief wees.[1] Baie pasiënte se ledemate kan ook gedurende slaap ruk.[3]

Remove ads

Oorsake en behandeling

Risikofaktore vir RBS sluit in lae ystervlakke, nierversaking, Parkinson se siekte, diabetes, gewrigsrumatiek, swangerskap en seliaksiekte.[1][4][5] ’n Paar medisynes kan as sneller dien, soos antidepressante, antihistamiene, antipsigotiese middels en kalsiumantangoniste.[6]

Daar is twee hoofsoorte RBS.[1] Een is ’n vorm wat vroeg begin, voor die ouderdom van 45, kom in families voor en word algaande erger.[1] Die ander een begin laat in die lewe, ná 45, begin skielik en word nie erger nie.[1]

Diagnose geskied gewoonlik na aanleiding van ’n pasiënt se simptome nadat alle ander moontlike oorsake uitgeskakel is.[7]

Rustelosebenesindroom kan verbeter as die onderliggende probleem behandel word.[8] Andersins kan medisyne gebruik of leefstylveranderings aangebring word.[1] Laasgenoemde sluit in die staking van alkohol- en tabakgebruik en slaaphigiëne.[8] Meer vroue as mans kry RBS en die voorkoms neem toe met ouderdom.[9][10]

Remove ads

Verwysings

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads