Saarland

From Wikipedia, the free encyclopedia

Saarland
Remove ads

Saarland (Duits: [ˈzaːɐ̯lantʰ]; Frans: Sarre) is 'n deelstaat in die suidweste van Duitsland. Dit grens aan die deelstaat Rynland-Palts asook aan Frankryk en Luxemburg. Saarland vorm saam met die Franse administratiewe gewes Lotaringe (Frans: Lorraine), die Groothertogdom Luxemburg, die Duitse deelstaat Rynland-Palts en die Belgiese gewes Wallonië die Europese Saar-Lor-Lux-gebied.

Thumb
Saarland se Landtag in Saarbrücken
Meer inligting Landsvlag, Landswapen ...

Saarland is in 1920 volgens die Verdrag van Versailles as 'n politieke entiteit gestig en amptelik Saarbekkengebied (Duits: Saarbeckengebiet, in die volkstaal meestal Saargebiet) genoem. Die destydse gebied was ietwat kleiner as die huidige deelstaat, aangesien die noordelike grens verder suidwaarts geleë was. Nadat die gebied vyftien jaar lank deur die Volkebond beheer is, is dit in 1935 ná 'n referendum weer by die Duitse Ryk ingelyf.

Saarland was ná die Tweede Wêreldoorlog tot 1949 'n Franse protektoraat, vervolgens 'n outonome gebied en het op 1 Januarie 1957 by die Federale Republiek van Duitsland aangesluit.

Remove ads

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads