Saba
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Saba (Nederlands: [ˈsaːbɑ], ) is 'n Nederlandse eiland in die Karibiese See. Tot in 2010 het Saba deel uitgemaak van die Nederlandse Antille, maar dié eiland is sedert 10 Oktober 2010 'n besondere munisipaliteit binne Nederland.[5] Hoewel Saba deel is van Nederland is dit nie deel van die Europese Unie nie. Die eiland ontvang nogtans finansiële hulp van die EU se EDF.[6]

Die amptelike taal is Nederlands en die volkstaal is Engels. Die hoofstad en grootste stad is The Bottom. Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 13 km² en het 'n bevolking van 1 911 in 2022 gehad. Sedert 1 Januarie 2011 is die Amerikaanse dollar die amptelike geldeenheid.[7]
Remove ads
Etimologie
Die presiese betekenis van die naam "Saba" is nie bekend nie. Wyd verspreid is die teorie dat die naam van die Karibiese woord siba vir "rots" afgelei is.[8]
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
