Salween
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Salween (Birmaans: သာန်လာန် Thanlwin, Chinees: 怒江 Nù Jiāng, Thai: แม่น้ำสาละวิน, Tibettaans: རྒྱལ་མོ་རྔུལ་ཆུ། rGyl mo rNGul chu) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Asië. Die rivier, met 'n lengte van 2 815 km (1 749 myl), vloei vanaf die Volksrepubliek China in die noorde, deur Mianmar, Thailand en weereens deur Mianmar in die suide.


Die Salween ontspring in die Hoogland van Tibet (Volksrepubliek van China), noord van die Himalaja en vloei in suidoostelike rigting deur die provinsie Yunnan noordoos van Indië. Aansluitend vloei die rivier in suidelike rigting en vorm later die grens tot Mianmar. Net oos vloei die Mekong en die Yangtze. Hierdie beskermde gebied van drie parallelle riviere in Yunnan is deur Unesco in 2003 as wêrelderfenisgebied gelys.[2] Suid daarvan vloei die rivier deur die ooste van Mianmar en daarnaas vorm die Salween vir 'n kort tyd die grens tussen Mianmar en Thailand net voordat dit naby die hawestad Mawlamyine in die Andamanse See uitmond.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads


