Scilly-eilande
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Scilly-eilande (Engels: Isles of Scilly of Scilly Isles, Kornies: Syllan of Enesek Syllan) of Sorlinge is 'n argipel wat suidwes van Cornwall, Engeland, en tussen 40 en 58 km (25 tot 36 myl) van die streek se mees westelike skiereiland Land's End af in die Keltiese See geleë is. Die Scilly-eilande vorm die mees suidelike punt van Engeland en Groot-Brittanje.



Die argipel bestaan uit meer as 140 eilande, waarvan net vyf bewoon is. In 2016 het die eilande 'n bevolking van 2 300 gehad en het 'n oppervlakte van 16,37 km². Die Scilly-eilande maak deel uit van die seremoniële graafskap Cornwall en is naby die ingang van die Engelse Kanaal geleë.
Die eilandgroep bestaan uit graniet en is sodoende 'n voortsetting van die granietmassas van die Corniese vasteland. Die hoogste punt van 50 m bo seevlak is op St. Mary's geleë. Die eilande se kuslyne is rotsig met baie gevaarlike riwwe.
Danksy die eilandgroep se buitengewoon gematigde klimaat met maandelikse gemiddeldes tussen 7 en 16 °C verskil sy fauna en flora merkbaar van dié wat op die Engelse vasteland aangetref word. So gedy hier onder meer ook subtropiese plantspesies. Die argipel se rotse en eilandjies is 'n habitat vir robbe.
Remove ads
Geografie
(1) Bewoon tot 1855.
Remove ads
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Scilly-eilande.- (en) Amptelike webwerf van die Scilly-eilande se Council
- (en) Toerisme-inligting oor Scilly-eilande op Wikivoyage
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
