Tadjikistan

From Wikipedia, the free encyclopedia

Tadjikistan
Remove ads

Tadjikistan (Tadjiks: Тоҷикистон, Toçikiston) is 'n bergagtige landingeslote land in Sentraal-Asië. In die suide grens die land aan Afghanistan, in die weste aan Oesbekistan, in die noorde aan Kirgisië en in die ooste aan die Volksrepubliek China. Die grootste deel van Tadjikistan se bevolking behoort tot die Tadjiks, wat hul kultuur en geskiedenis met die Irannese volke deel en Persies praat. Tadjikistan was eens deel van die Persiese Samanid-ryk en het in die 20ste eeu 'n deelrepubliek van die Sowjetunie geword as die Tadjikistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek.

Kitsfeite

Na die land se onafhanklikwording het Tadjikistan gely onder 'n vernietigende burgeroorlog wat van 1992 tot 1997 geduur het. Sedert die einde van die oorlog het nuwe politieke stabiliteit en buitelandse ondersteuning die land se ekonomie laat groei. Natuurlike hulpbronne soos katoen en aluminium het ook baie bygedra tot hierdie verbetering.

Remove ads

Geloof

Die meerderheid van Tadjikistan se bevolking is lede van die Tadjiks, wat volgelinge van die Soennitiese Islam is. Die land se grondwet waarborg egter godsdiensvryheid en daar bestaan 'n klein minderheid (minder as 1%) Protestante: ongeveer 230 000.

Van die denominasies is:

  • Baptiste-kerk van Tadjikistan
  • Duitse Evangeliese Lutherse Kerk
  • Pinksterkerk

Baptiste-broederskap van Tadjikistan

Baptiste-werk in Tadjikistan het in 1929 begin. Die Baptiste-broederskap bestaan uit sewe selfbesturende kerke en 23 geaffilieerde groepe. Die Baptiste-gemeenskap het ongeveer 1 000 lidmate en die voorsitter van die broederskap is die Russies-Duitse Alexandr Vervai.

Remove ads

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads