Serwies

From Wikipedia, the free encyclopedia

Serwies
Remove ads

Serwies (Serwiese Cyrillies: српски, Latyns: srpski, [sr̩̂pskiː]) is 'n taal binne die Slawiese tak van die Indo-Europese taalfamilie. Saam met Sloweens, Kroaties, Masedonies, Bosnies, Montenegryns en Bulgaars word dit by die Suid-Slawiese taalgroep gereken. Serwies was vroeër (as Serwo-Kroaties) saam met Sloweens en Masedonies die ampstale van die voormalige Joego-Slawië.

Thumb

 Lande met Serwies as 'n amptelike taal

 Lande met Serwies as 'n erkende minderheidstaal

Thumb
Die Serwiese Cyrilliese alfabet
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Serwiërs.
Kitsfeite Serwies српски / srpski, Amptelike status ...

Serwies is tans die ampstaal van Serwië, waar dit deur sowat 6,2 miljoen mense as moedertaal gepraat word. 'n Verdere twee miljoen sprekers word in Bosnië en Herzegowina, Montenegro, Kroasië, Kosowo en Noord-Masedonië aangetref. Die taalkennis van sowat 3,5 miljoen Serwiese emigrante in Wes-Europa, Australië, Kanada en die Verenigde State varieer. Daarbenewens is Serwies in Montenegro in amptelike gebruik.

Volgens die Serwiese grondwet van November 2006 word Serwies amptelik volgens die Cyrilliese alfabet geskryf, alhoewel in die alledaagse lewe en in die media dikwels ook die Latynse alfabet gebruik word.

Op grond van grammatikale en semantiese kriteria word na Serwies, Kroaties en Bosnies dikwels as nasionale variëteite van 'n gemeenskaplike taal, Serwo-Kroaties, verwys. Alhoewel hierdie klassifikasie omstrede is, is al drie tale tot 'n groot mate onderling verstaanbaar.

In Montenegro word die ampstaal amptelik Montenegryns genoem en kan in beide die Cyrilliese en die Latynse alfabet geskryf word. Die verskille tussen Montenegryns en Serwies is egter minimal.

Remove ads

Alfabette

Meer inligting Cyrillies, Latyns ...

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads