Masedonies

From Wikipedia, the free encyclopedia

Masedonies
Remove ads

Masedonies (македонски јазик, makedonski jazik, [maˈkɛdɔnski ˈjazik] ) is 'n taal uit die Suid-Slawiese taalfamilie wat deur sowat 1,5 miljoen mense in Noord-Masedonië, Griekeland, Bulgarye en Albanië gepraat word, asook in lande met Masedoniessprekende immigrante, soos Serwië en Montenegro. Masedonies was vroeër saam met Serwies (as Serwo-Kroaties) en Sloweens die ampstale van die voormalige Joego-Slawië en is nou die amptelike taal van die Republiek Masedonië.

Thumb
Verspreiding van Masedoniese dialekte
Thumb
Die Masedoniese Cyrilliese alfabet
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Masedoniërs.
Kitsfeite Masedonies македонски / makedonski, Amptelike status ...

Masedonies is nou verwant aan Bulgaars en word deur taalkundiges dikwels as 'n dialek daarvan beskou. Die Masedoniese dialekte vorm deel van 'n dialekketting wat sowel in die Bulgaarse as die Serwiese taalgebied strek.[2] Masedonies word in 'n variant van die Cyrilliese alfabet geskryf.

Moderne Masedonies is nie dieselfde as die Masedonies uit die oudheid, 'n Indo-Europese taal wat slegs bekend is uit eiename en 'n paar afsonderlike woorde, nie. Dié taal is moontlik nou verwant aan Grieks.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads