Slaapapnee
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Slaapapnee is ’n steuring wat veroorsaak dat tussenposes in asemhaling of tydperke van vlak asemhaling meer dikwels as normaalweg gedurende slaap voorkom.[1] Elke tussenpose kan van ’n paar sekondes tot ’n paar minute duur en hulle kom baie kere per nag voor.[1]
Remove ads
In die meeste gevalle veroorsaak dit dat die persoon hard snork.[2] Daar kan ’n verstikkende of snorkende geluid wees wanneer asemhaling hervat word.[1] Omdat die steuring ’n normale slaappatroon versteur, kan mense wat daaraan ly deur die dag moeg of slaperig voel.[1] By kinders kan dit hiperaktiwiteit of probleme in die skool veroorsaak.[2]
Remove ads
Oorsaak en behandeling
Slaapapnee kan óf obstruktiewe slaapapnee wees, waar asemhaling onderbreek word deur ’n verstopping van die lugvloei, óf sentrale slaapapnee, waar gereelde, onbewuste asemhaling bloot ophou, óf ’n kombinasie van die twee.[1] Obstruktiewe slaapapnee is die algemeenste vorm.[1] Risikofaktore sluit in oorgewig, ’n familiegeskiedenis van die probleem, allergieë, ’n klein lugweg en vergrote mangels.[3]
Sommige mense is onbewus daarvan dat hulle die toestand het.[1] In die meeste gevalle kom ’n gesinslid dit die eerste keer agter.[1] Slaapapnee word dikwels deur middel van ’n slaapstudie deur die nag gediagnoseer.[4] Vir ’n diagnose moet meer as vyf voorvalle per nag voorkom.[5]
Behandeling kan insluit veranderings aan die persoon se lewenstyl, mondstukke, asemhalingtoestelle of chirurgie.[1] Lewenstylveranderings kan insluit die vermyding van alkohol, gewigsverlies, ophou rook, en om op ’n mens se sy te slaap.[6] Asemhalingstoestelle kan insluit ’n lugwegdrukmasjien.[6] Sonder behandeling kan slaapapnee die risiko van ’n hartaanval, beroerte, diabetes, hartversaking, ’n onreëlmatige hartklop, obesiteit en motorongelukke verhoog.[1]
Remove ads
Voorkoms
Obstruktiewe slaapapnee raak 1-6% van volwassenes en 2% van kinders.[7][8] Mans word sowat twee keer soveel as vroue aangetas.[7][9] Hoewel mense van enige ouderdom dit kan hê, kom dit meer voor tussen die ouderdomme van 55 en 60.[1][7] Sentrale slaapapnee kom by minder as 1% van mense voor.[10]
Verwysings
Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads