Slowake
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Slowake (Slowaaks: Slováci, enkelvoud: Slovák, vroulik: Slovenka, meervoud: Slovenky) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Slowakye wat Slowaaks, 'n Wes-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Slowakye en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 81% van dié land se bevolking uit. Die meeste Slowake is aanhangers van die Rooms-Katolieke Kerk (62%).
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Slowaaks. Moenie verwar word met Slowene nie.

Wêreldwyd leef omtrent 6 miljoen Slowake, waarvan sowat 4,4 miljoen in Slowakye, 810 000 in die Verenigde State, 147 152 in Tsjeggië, 100 000 in Kanada, 90 000 in die Verenigde Koninkryk en 52 750 in Serwië. In Serwië leef die meeste Slowake in die streek Vojvodina saam met ander erkende minderhede, waar Slowaaks saam met ander die amptelke tale vorm. Naas Slowake leef nog minderhede soos Hongare (8,5%) en Roma (2%) in Slowakye.
Die naam van die Slowake is, soos dié van die Slowene, afgelei van die ou benaming vir die Slawiërs (sloveni). Die woordstam daarvan het nog in benamings soos Slowaaks (Slovenčina) en Slowakye (Slovensko) bewaar gebly.[12]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
