Slowene

From Wikipedia, the free encyclopedia

Slowene
Remove ads

Die Slowene (Sloweens: Slovenci [slɔˈʋèːnt͡si]) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Slowenië wat Sloweens, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Slowenië en maak volgens die laaste sensus van 2002 omtrent 83% van dié land se bevolking uit. Die meeste Slowene is aanhangers van die Rooms-Katolieke Kerk (58%).

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Sloweens. Moenie verwar word met Slowake nie.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Thumb
Vlag van die Slowene

Wêreldwyd leef tussen 2 en 2,5 miljoen Slowene, waarvan sowat 1,6 miljoen in Slowenië, tussen 164 634 en 178 415 in die Verenigde State, tussen 83 000 en 100 000 in Italië en 50 000 in Duitsland. Naas Slowene leef nog minderhede soos Serwiërs (2%), Kroate (1,8%) en Bosniake (1,1%) in Slowenië.

Die naam van die Slowene is, soos dié van die Slowake, afgelei van die ou benaming vir die Slawiërs (sloveni). Die woordstam daarvan het nog in benamings soos Sloweens (slovenščina) en Slowenië (Slovenija) bewaar gebly.[24]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads