Sterol
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
'n Sterol is 'n organiese verbinding met chemiese formule C17H28O, waarvan die molekule 'n gonaanmolekule is, waar een waterstofatoom by posisie 3 in 'n sikloheksaanring vervang is met 'n hidroksielgroep. Dit is dus effektief 'n alkohol van gonaan. In die algemeen word enige verbindings wat die gonaanstruktuur bevat, met een of meer waterstowwe vervang met funksionele groepe, of met modifikasies aan die ringstrukture, 'n steroïed genoem. Sterole is dus 'n ondergroep van steroïede. Sterole kom natuurlik voor in die meeste eukariote, insluitend plante, diere, en swamme, alhoewel skere bakterieë dit ook produseer. Die bekendste sterol is cholesterol, wat deurslaggewend is vir selmembraanvorming in diere en wat ook as voorloper dien vir vetoplosbare vitamiene en steroïedhormone.

Alhoewel sterol tegnies 'n alkohol is, verkies biochemici om dit eerder as 'n lipied (dit wil sê, 'n vet) te klassifiseer.
Remove ads
Tipes
Plantsterole word fitosterole genoem en dieresterole word soösterole genoem. Die belangrikste soösterol is cholesterol. Belangrike fitosterole sluit kampesterol, sitosterol, en stigmasterol in, terwyl swamme ergosterol in hulle selmembrane bevat wat dieselfde rol in die selmembrane van swamme speel as cholesterol by dierselle.
Biochemiese rol
Sterole en verwante verbindings speel 'n belangrike rol in die fisiologie van eukareotiese organismes. Cholesterol vorm, byvoorbeeld, deel van die selstruktuur van die selmembraan by diere, waar dit die deurvloeibaarheid van die selmembraan bevorder en waar dit dien as sekondêre boodskapper in sel-tot-sel-kommunikasie. By die mens sowel as by ander diere dien kortikosteroïede soos kortisol as boodskapperverbindings in selkommunikasie en in algemene metabolisme. Sterole kom algemeen voor in menslike velolies.[1]
Fitosterole as 'n voedselaanvulling
Dit is aangetoon dat fitosterole cholesterolabsorpsie in die menslike spysverteringstelsel kan blokkeer, en dus kan help om cholesterolopname by die mens te verminder.[2] Die Amerikaanse FDA het reeds die gebruik van fitosterole as 'n voedselaanvulling goedgekeur, alhoewel daar tog kommer is dat dit nie slegs die opname van cholesterol nie, maar ook van ander belangrike voedingstowwe, kan blokkeer. Tans het die Amerikaanse Hartvereniging aanbeveel dat aanvullende plantsterole slegs deur pasiënte gediagnosser met verhoogde cholesterol, plansterole vir hierdie doel mag gebruik en dit nie aanbeveel dat swanger vroue en vroue wat borsvoed dit moet neem nie.[3] Voorlopige navorsing het ook aangetoon dat fitosterole moontlik as 'n teenkankermiddel kan dien.[4]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
