Tieroog
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Tieroog (Engels: Tiger’s eye of Tiger Eye) is 'n kleurspelende (Engels: chatoyant) halfedelsteen wat gewoonlik 'n metamorfe (mineraal) is met 'n goue tot rooibruin kleur en 'n syagtige glans. As lede van die kwartsgroep kry tieroog en die verwante bloukleurige mineraal katoog hul silwerige, glansende voorkoms van die parallelle tussengroei van kwartskristalle en veranderde amfiboolvesels wat meestal in limoniet ('n ysteroksied) verander het.[1][2]


Katoog/tieroog/buloog word gevorm deur die verandering van die amfibool krokidoliet na tieroog tydens 'n metamorfeproses. Wanneer daar nie yster betrokke is nie, vorm dit die blou vorm (katoog), maar wanneer daar voldoende yster beskikbaar is, word tieroog gevorm. Wanneer hitte betrokke is, word die rooi vorm (buloog) gevorm.
Remove ads
Snit, behandeling en nabootsing
Tierooghalfedelstene word gewoonlik 'n cabochon-snit gegee om hul kleurspeling ten beste te vertoon. Die rooi vorm van tieroog (ook bekend as buloog) word ontwikkel deur hittebehandeling. Die kleurverskil gebeur a.g.v. die chromofoorelement (in tieroog se geval yster) wat van oksidasiestaat verander van Fe3+ tot Fe4+. In die natuur kan geel tieroog wat in 'n dagsoom op die oppervlak aan veldbrande blootgestel is, 'n rooi kleur verkry. Dit kan onder andere in die Kuruman omgewing in die Kurumanheuwels gesien word. Donker klippe word kunsmatig verlig om die kleur te verbeter met behulp van 'n salpetersuur (HNO3) behandeling.[3]
Heuningkleurige klippe word gebruik om die meer gewaardeerde katoog chrysoberyl na te boots, maar die algehele effek is onoortuigend. Kunsmatige optiese veselglas is 'n algemene nabootsing van tieroog, en word in 'n wye verskeidenheid kleure geproduseer. Tieroog kom hoofsaaklik uit Suid-Afrika en Oos-Asië.

Remove ads
Tieryster
Tieryster is 'n veranderde klip wat hoofsaaklik uit tieroog, rooi jaspis en swart hematiet bestaan. Die golwende, kontrasterende kleurbande en glans veroorsaak 'n aantreklike motief, en word hoofsaaklik gebruik vir juweliersware en versiering. Tieryster is 'n gewilde ornamentele materiaal wat in 'n verskeidenheid toepassings gebruik word, van krale tot meshewwe.
Tieryster word hoofsaaklik in Suid-Afrika en Wes-Australië gemyn. Tieroog bestaan hoofsaaklik uit silikondioksied (SiO2) en word hoofsaaklik deur ysteroksied gekleur. Die relatiewe digtheidwissel van 2,64 tot 2,71.[4]
Remove ads
Serpentynse tieroog van Arizona
Serpentyn afsettings waarin kleurspelende bande van krisotielvesels soms gevind word, is in die Amerikaanse state van Arizona en Kalifornië gevind. Hierdie word gesny en verkoop as "Arizona tieroog" en "Kaliforniese tieroog” edelstene.[5][6]
Die handelsnaam van pietersiet word gebruik vir 'n gekraakte of gebreekte kalsedoon wat amfiboolvesels bevat en as tieroog van Namibië en China bemark.[7]
Hierdie ander vorme is egter nie ware tieroog nie.
Bronne
Algemene bronne van tieroog is Australië, Mianmar (Birma), Indië, Namibië, Suid-Afrika, Verenigde State,[8] Brasilië, Kanada, China, Korea en Spanje.
Kulturele konnotasies
In sommige dele van die wêreld word geglo dat tieroog bose magte afweer.[9]
Gebruike

Tieroog word gewoonlik gebruik as halfedelstene in juweliersware en ornamente, en word ook in artikels soos messegoed as handvatsels gebruik. Dit is ook baie gewild onder versamelaars. In die Noord-Kaapse dorp Kuruman, is die ABSA bank se buitemure van klip gebou wat hoofsaaklik uit tieroog (met klein hoeveelhede gebande ystersteen waarin die tieroog voorkom) bestaan.
Remove ads
Verwysings
Eksterne Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
