Toots Thielemans
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Jean Baptiste Frédéric Isidor (Toots), Baron Thielemans (Brussel, 29 April 1922 – Eigenbrakel, 22 Augustus 2016[1]) was 'n Belgiese jazz-musikant, komponis en kitaarspeler wat sy virtuositeit bereik het op die mondfluitjie. Sy bynaam Toots is afgelei van die twee musikante Toots Mondello en Toots Caramata.
Remove ads
Lewe

Thielemans is in die Brusselse werkersklasbuurt Marollen gebore. Hy het reeds vanaf sy derde jaar trekklavier gespeel. Op 17-jarige ouderdom ontdek hy die mondfluitjie waarna hy ook kitaar begin speel. Thielemans het tydens die Duitse besetting versot geraak op jazz.
In 1951 het hy as kitaarspeler deel uitgemaak van die Belgiese sanger Bobbejaan Schoepen se musikale begeleiding. In 1952 emigreer hy na die Verenigde State, waar hy in die orkes van Charlie Parker en die kwintet van George Shearing gespeel het. Hy het saamgewerk met Benny Goodman, Peggy Lee, Ella Fitzgerald, Quincy Jones, Bill Evans, Jaco Pastorius, Elis Regina, Pat Metheny, Billy Joel en Paul Simon en word algemeen erken as een van die grootste jazz-musikante.
In 1991 lewer hy 'n aansienlike bydrae tot die eerste soloalbum van die Nederlandse sangeres Laura Fygi, Introducing.
Remove ads
Komposisie

Sy bekendste komposisie is Bluesette van 1962, waarin hy harmoniseer met mondfluitjie en kitaar. Dié liedjie word dikwels deur ander musikante verwerk en uitgevoer wat hom ook finansieel help.
Musiek vir rolprent en televisie
Sy unieke mondfluitjiespel het ook 'n belangrike rol in die rolprente Midnight Cowboy (1969), Turks fruit (1973) en die Sweedse animasiefilm Dunderklumpen! (1974) gespeel. Hy het ook die temaliedjies vir die Nederlandse polisiereeks Baantjer en die Vlaamse Witse gekomponeer en gespeel.
Onderskeidings
- In 2000 bereik sy liedjie Bluesette die eerste plek in die Eregalerij van de Vlaamse klassiekers van Radio 2.
- In 2001 word hy deur koning Albert II van België tot baron verhef.
- Op 8 Junie 2003 in Sint-Amands word 'n boulevard langs die Schelde Internationale Muziekstroom-route na Toots Thielemans Boulevard genoem en word hy 'n ereburger van Sint-Amands.
- In 2005 word hy genomineer vir die titel van De Grootste Belg. Hy eindig in die 20ste plek in die Vlaamse weergawe en 44ste in die Waalse weergawe.
- In 2006 word hy in Brasilië deur Gilberto Gil, minister van Kultuur, wat self 'n musikant is, vir sy bydrae tot die internasionale popularisering van die 'bossanova', vereer.
- In 2007 ontvang hy die Klara Carrièreprijs.
- Op 11 Augustus 2009 ontvang Thielemans die Concertgebouw Jazz Award 2009.[2] In dieselfde jaar ontvang hy ook in die Verenigde State die NEA Jazz Master Award 2009.[3]
- In Junie 2011 word in Vorst, naby Brussel 'n straat na hom vernoem: Toots Thielemansstraat. Sy oupa was die burgemeester daar.[4]
Remove ads
Diskografie
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakel
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads