Trekduif

From Wikipedia, the free encyclopedia

Trekduif
Remove ads

Die trekduif (Ectopistes migratorius) was 'n spesie van duiwe wat in groot getalle oor die kontinent van Noord-Amerika voorgekom het.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Volgens skatting was daar ten minste 3 tot 5 miljard van hierdie duiwe in Noord-Amerika toe die Europese setlaars daar aangeland het. Hulle het dikwels op onreëlmatige tye in groot swerms oor die kontinent gevlieg. In 1866 het die oortog van so 'n swerm in Ontario ten minste 14 uur lank geduur. Die swerm moes meer as 'n miljard duiwe bevat het.

Ondanks die groot getalle het hierdie duiwe later uitgesterf. Daar is genadeloos op hulle gejag en ontbossing het tot 'n verlies aan habitat gelei.

By 'n bepaalde broeikolonie in Michigan is daar in 1874 sowat 25 000 duiwe per dag afgemaai. In die jare tagtig van die negentiende eeu was dit duidelik dat die voëls deur uitsterwing bedreig word. Op 1 September 1914 sterf die laaste duif, genaamd Martha, in die Cincinnati- Diere- en Botaniese Tuin.

Remove ads

Galery

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads