Rooiessenhout
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die rooiessenhout (Trichilia emetica) is 'n boom in die Meliaceae familie. Die boom het 'n donkergroen, digte kroon. Die roomgroen blomme en die vrugte lok baie voëlsoorte. Die boom is 'n vinnige groeier en 'n uitstekende koelte- en skermboom. Dit benodig matige water en vol son. Die blomtyd is vanaf Augustus tot Oktober.
Die boom se FSA-nommer is 301.[1][2] In Engels staan die boom bekend as die Natal Mahogany.
Remove ads
Verspreiding
Hierdie bome kom voor in middel- tot hoogliggende streke in boswêreld en langs rivieroewers van Suid-Afrika in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga.[3] In die res van Afrika is die boom inheems aan Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Cabinda in Angola, Caprivistrook in Namibië, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Ethiopië, Gambië, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Jemen, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mosambiek, Nigerië, Rwanda, Saoedi-Arabië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Somalië, Suid-Afrika, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Remove ads
Fotogalery
Blom Vrugte en sade Sade Blaar en sade
Sien ook
Verwysings
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads