Turks- en Caicoseilande

From Wikipedia, the free encyclopedia

Turks- en Caicoseilande
Remove ads

Die Turks- en Caicoseilande (Engels: Turks and Caicos Islands) is 'n argipel in die Atlantiese Oseaan en 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk in Noord-Amerika. Die eilande het 'n bevolking van 44 542 in 2020 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 948 km². Die eilande bestaan uit die Caicos- en die Turkseilande. Die Turks- en Caicoseilande lê in die ooste van die Bahamas en in die noorde van Hispaniola (Haïti en Dominikaanse Republiek). Die hoofstad is Cockburn Town en die grootste stad is Providenciales.

Thumb
Nasa-Satellietbeeld van die Turks- en Caicoseilande
Thumb
Kaart van die Turks- en Caicoseilande
Kitsfeite

Die Turks- en Caicoseilande is oor eeue heen deur inheemse Amerikaanse volke bewoon. Die eilandgroep is in 1512 vir Europa ontdek.[5] Gedurende die volgende eeue is die eilandgroep deur verskeie Europese magte opgeëis, en die Britse Ryk het uiteindelik beheer oorgeneem. Oor baie jare heen is die eilandgroep indirek vanaf Bermuda, Bahamas en later Jamaika bestuur. Toe die Bahamas in 1973 van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword het, het die Turks- en Caicoseilande hul eie goewerneur gekry en is sedertdien 'n Britse kolonie op sy eie reg. Daar was al pogings om die Turks- en Caicoseilande by Kanada in te lyf.[6]

Remove ads

Etimologie

Die Turks- en Caicoseilande is na die inheemse Turk se troetelkaktus (Melocactus intortus) en die Lucayaanse naam caya hico vir 'n eilandketting genoem.[7][8]

Hoofeilande

Meer inligting Naam, Oppervlakte (km²) ...

Sport

Krieket is die gewildste sportsoort van die Turks- en Caicoseilande en word as nasionale sport beskou.[9] Die Turks- en Caicoseilande vorm nie deel van die Wes-Indiese Krieketraad nie en vervolgens kan krieketspelers van dié eilandnasie nie vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan uitdraf nie. Ander gewilde sportsoorte sluit in hengel, seil en sokker.

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads