Turonium
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Turonium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Kryt (serie/epog Laat Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 93,9 tot 89,8 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Senomanium en gevolg deur die Coniakium.
Remove ads
Naam en definisie
Die Turonium is in 1842 deur die paleontoloog Alcide d'Orbigny genoem na Tours in die Franse département Indre-et-Loire.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammoniet Watinoceras devonense, en die bokant deur die eerste voorkoms van die tweekleppige Cremnoceramus rotundatus. Belangrike gidsfossiele vir die tydperk is die tweekleppiges Inoceramus schloenbachi, Inoceramus lamarcki en Inoceramus labiatus.
Die globale stratotipepunt vir die basis van die Turonium is naby Pueblo in Colorado, VSA.[2]
Remove ads
Verwysings
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads