Albium

From Wikipedia, the free encyclopedia

Albium
Remove ads

Die Albium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Kryt (serie/epog Vroeë Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Meer inligting Periode/ sisteem, Epog/ serie ...
Thumb
Trigoniidae Trigonia Daedalea uit Strépy-Bracquegnies in België, (uit die Albium-tydsnede).

Die tydperk was van sowat 113 tot 100,5 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Aptium en gevolg deur die Senomanium.

Remove ads

Naam en definisie

Die Albium is in 1842 deur die paleontoloog Alcide d'Orbigny genoem na die Franse rivier Aube, wat deur die département met dieselfde naam vloei.

Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die mikrofossiel Praediscosphaera columnata, en die bokant deur die eerste voorkoms van die Foraminifera Rotalipora globotruncanoides.

In die Albium het die voorheen seldsame bedeksadiges vir die eerste keer ’n groot deel van die flora begin vorm.

Remove ads

Verwysings

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads