Vanderbijlpark

From Wikipedia, the free encyclopedia

Vanderbijlparkmap
Remove ads

Vanderbijlpark is 'n nywerheidstad geleë aan die Vaalrivier in Gauteng, Suid-Afrika. Tesame met Vereeniging en Sasolburg maak Vanderbijlpark deel uit van die Vaaldriehoek, 'n groot nywerheidsgebied. Die dorp val binne die grense van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit en word bestuur deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

Kitsfeite Land, Provinsie ...

Omliggende woongebiede is Boipatong, Sebokeng en Sharpeville.

Remove ads

Geskiedenis

Thumb
Dr. Hendrik van der Bijl, na wie die dorp genoem is.

Vanderbijlpark het ontstaan toe die destydse eerste minister, genl. Jan Smuts, die briljante jong wetenskaplike dr. H.J. van der Bijl (wat in daardie stadium in die Verenigde State van Amerika gewerk het) in 1920 teruggeroep het na Suid-Afrika om die regering te adviseer oor die land se nywerheidsontwikkeling. Dr. Van der Bijl was betrokke by Yskor se aanleg in Pretoria en met die toenemende vraag na staal gedurende die Tweede Wêreldoorlog is 100 km2 grond aangekoop om 'n groot modeldorp en staalaanleg te ontwikkel. Die staalaanleg is in 1947 geopen en die dorp in 1949. Met die opening van Yskor se tweede staalaanleg in 1952 deur die goewerneur-generaal, adv. E.G. Jansen, het Vanderbijlpark munisipale status verkry.

Remove ads

Onderrig

Daar is ongeveer 60 laer- en hoërskole in die Vaaldriehoek-omgewing, waarvan 16 laerskole en 8 hoërskole in Vanderbijlpark is.

Tersiêre Onderrig

Die Vaaldriehoek-kampus van die Noordwes-Universiteit is geleë op die Vaalrivieroewer te Vanderbijlpark en het meer as 3 000 studente.

Sien ook

Thumb
Die ou Gereformeerde kerk Vanderbijlpark. Die argitek was Pieter Dykstra, wat minstens 16 Gereformeerde kerke ontwerp het.

Eksterne skakels

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads